Huidige Petisies & Verklarings

Liewe medegelowige,

In die noordelike voorstede van Kaapstad en in die Somerset-Wes en Strand omgewings is daar lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat gereeld bymekaar kom  met die uitsluitlike doel om te bid vir die kerk en om te besin oor dit wat, veral in die jongste tyd, op kerklike front aan die gebeur is.

Soos u weet het talle lidmate die kerk verlaat. Vir baie in die kerk is daar onsekerheid en ongelukkigheid oor sommige besluite wat by kerklike vergaderings geneem is, oor botsende standpunte en uitsprake deur leiers in die kerk en oor wat in die media gelees en gehoor word.

Lees verder >>>

Ons glo dat die Woord ons leer om duidelik en ondubbelsinnig standpunt in te neem vir die waarheid en, in die woorde van Judas 1:3, “kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.”

VERKLARING

In die lig van die verwarrende uitsprake deur sekere teoloë en sommige kerklike vergaderings, verklaar ons, lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die volgende:

  1. Ons verklaar dat die Bybel in sy geheel en in al sy dele die onfeilbare Woord van God is.   Ons bely, soos in die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB) artikel 3: “dat hierdie Woord van God nie deur die wil van 'n mens gestuur of voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit, deur die Heilige Gees gedrywe, gespreek, soos die heilige Petrus sê (2 Pet. 1:21) Sien ook 2 Tim. 3:16; Rom.1:2; Deut. 4:2 en die NGB art. 7.  In die verstaan van die Woord, glo ons dat die Skrif homself verklaar.

Wie die gesag van hierdie Woord ondermyn deur eerder op hulle feilbare menslike verstand te vertrou en dit bo die gesag van die Woord te verhef, dit te verdraai en “teorieë”, “argumente wat misleidend is” en “verdigsels” in die plek daarvan te stel (Kol. 2:8;  2 Tim. 4:4), verbeur nie alleen die lewegewende vreugde wat die Woord skep nie (Ps. 19:8-12), maar stel hulleself ook bo die Woord van God.

Lees verder >>>

...............................................................................................................................

Petisie nav NGK Algemene Sinode 2011 >>

Hierdie petisie beoog om 'n beroep op NG Kerk-leiers te maak om getrou te bly aan die Woord van God.

Vir meer inligting, kyk: Wat elke NG-Lidmaat behoort te weet en Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite.

Ons, die ondergetekendes, gee hiermee ons algehele ontevredenheid te kenne teen die dwaalleer in die NG Kerk, die stilswyende kondonering daarvan, en die bevordering daarvan in sommige gevalle......

Ons verwag dus ’n hartsverandering terug na God en Sy Woord, tot Sy eer alleen: U Woord is die waarheid (Joh. 17:17).

Neem deel aan die Petisie >>

...............................................................................................................................

Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite >>

Die NG-leierskap se eerste reaksie op ondergenoemde aanhalings uit hul dokumente sal heelwaarskynlik wees dat dit buite konteks aangehaal is, en/of hulle sal almal weereens probeer sus deur te verwys na die stelling wat dikwels aan die einde van hierdie soort NG-verklarings staan: “Bostaande besluite word nie afsonderlik nie, maar deurgaans as ’n eenheid beskou oor die kerk se standpunt ten opsigte van ... “

Lees verder >>

...............................................................................................................................

Wat elke NG-lidmaat behoort te weet >>

Mag ek, as lidmaat, eenkant staan as my kerk besig is om die spoor byster te raak? Is dit net ánder se taak om iets daaromtrent te doen? Kan ek myself eenvoudig verskoon deur te sê dat ek nie 'n ouderling of 'n predikant is nie? Mag ek maar net my skouers optrek as dit in my eie gemeente goed gaan? Is dit nodig om stof op te skop oor wat na bewering in ander gemeentes, ringe, sinodes en in ons teologiese fakulteite aangaan? Wat kan ek in elk geval daaromtrent doen? Hierdie skrywe wil dié vrae kort en duidelik probeer antwoord en vir u wenke daarstel hoe u ’n bydrae kan lewer.

Lees verder >>

Terug


Addisionele inligting: Leefstyl C funksioneer vanuit Pretoria (Gauteng), Suid-Afrika. Ons kan enige kliënt(e) akkommodeer vir 'n leefstylverwante sessie, by 'n plek gerieflik vir albei partye. Kontak Danie Strydom vir professionele leefstylafrigting en liniëring.

e-Sword Home

[ Terug na bo ]